Episodes

  • Jesus Ons Koning Regeer
    May 29 2026

    Ons gaan maaltyd hou met die beste en wonderlikste mense van al die eeue. Dink daaroor!

    God se geloofshelde waarvan ons gelees het, almal daar. Jy werk dalk in jou tuin en iemand stap verby – kan dit wees …. Adam is dit jy? “Ja, dis ek. Jy het mooi mielies in jou tuin.” Wil jy graag daarvan hê Adam? Adam kom nader en julle gesels en deel die vreugdes wat Jesus moontlik gemaak het. En dan eendag ontmoet jy vir Moses. Julle begin praat en jy vra hom hoe dit was om deur die see te trek. Hoe was dit in die woestyn vir 40 jaar? ‘n Ander dag is dit Daniël wat jou kom sien. Hy het verneem jy wil graag weet hoe dit was toe hy in die leeukuil gewerp is. Hy vertel jou van sy vertroue in God.

    Die Hemel is ‘n plek van kameraadskap. Kameraadskap met die engele, die serafs en die gerubs! Dis ‘n plek waar jy saam met Petrus, Jakobus en Johannes en Paulus sal wees. Maar die beste is dat ons ook met Jesus kan kuier. Want eendag sal ek en jy vir Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet. Jesus wat vir jou en my gesterf het, wat bereid was om aan die kruis genael te word vir jou en my, wat die doringkroon vir jou en my gedra het en Sy bloed vir jou en my gestort het. Eendag sal ons die stad ingaan en Jesus sal daar wees om ons te verwelkom. Jesus sal sê: “Dis nou jou land, dis jou tuiste.”

    Jy sal nooit weer huil nie, nooit weer treurig wees nie, nooit weer hartseer wees nie. Eendag as jy by die tempel uitstap neem Jesus jou hand en sê, “Ek wil vandag saam met jou gaan stap.” Julle stap deur die wuivende koringlande en Jesus breek van die graan af – “Proe dit. Daar is geen ander soos dit nie. Dis spesiaal vir jou gemaak. Hou jy daarvan?” Julle loop oor die heuwels en Hy sê: “Kyk die blomme, is hulle nie pragtig nie? Daar is geen ander soos hulle nie. Kyk na die perse en rooi en blou en pienk. Ek het hierdie blomme net vir jou gemaak. Jy is kosbaar vir My. Ek sou die pyn en lyding en smaad en die donkerte van die kruis verduur het net vir jou.” En Hy plaas Sy hand op jou skouer en sê: “Weet jy wat? Ek het niemand soos jy nie! Nie een van die engele lyk soos jy nie, nie een van die miljoene verlostes is soos jy nie. Jy is kosbaar want as Ek jou verloor het was daar niemand om jou te vervang nie.”

    Wil jy graag sê Jesus ek verlang om die ewigheid met U deur te bring. Vandag kan jy weer jouself toewy om te volg waar Hy ookal lei. As jy dit wil doen – ons is familie, ons is deel van God se gesin. Eendag sal ons in die hemel ontmoet. Kom ons maak ‘n afspraak. Wat van die tweede Sabbat, twee ure na die erediens – ek glo Jesus sal preek – dan ontmoet ek jou daar by die boom van die lewe. Ek sal aan die linkerkant wees. Sal dit nie wonderlik wees nie? Hoeveel van julle sal my daar ontmoet?

    Show More Show Less
    55 mins
  • Jesus Nooi Jou om Hom te Volg
    May 22 2026

    Wou jy ooit oor begin in die lewe? Die Bybel vertel ons hoe ‘n nuwe begin gemaak kan word.

    In hierdie studie kyk ons na die nuwe lewe – ‘n vars nuwe begin wat beskikbaar is deur Jesus. Jesus se Doop Jesus het van Galilea af na die Jordaan rivier gegaan om deur Johannes gedoop te word. Maar Johannes het gehuiwer, wetend dat hy onwaardig is. Jesus antwoord hom: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” (Mattheus 3:13-15). Jesus is in die water onderdompel. En toe Hy uit die water uitkom het Sy bediening begin. Die doop is ‘n belangrike deel van die Christen se lewe. Jesus is nie net vir ons as voorbeeld gedoop nie, maar Hy het Sy mense ook sterk aangespreek om gedoop te word. Die doop is die simbool van ons gewilligheid om die evangelie van Jesus te aanvaar.

    Besprinkeling of Begieting is nie genoegsaam nie. Die Bybel verklaar dat daar net een ware manier van doop is. Dis duidelik in Effesiërs 4:5, “Een Here, een geloof, een doop.” Indien wel, dan is daar net een Bybelse manier hoe daar gedoop moet word. Ons kan nie verkeerd wees as ons die voorbeeld van Jesus volg nie. Toe Jesus gedoop is, het Hy in die water in afgeklim, Hy is onderdompel en het uit die water uit opgekom. Jesus is ten volle onderdompel! (Mattheus 3: 16-17) Die persoon moet geheel en al onderdompel word omdat die persoon in geheel gesondig het. Trouens die Griekse woord “baptizo” of “doop” beteken om “te doop,” “te onderdompel.” Romeine 6:3-4 sê, “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.”

    Hoe kan besprinkeling of begieting die boodskap oordra?

    Aanvaar God se Genade en Vergifnis Die doop is nie die einde van die Christelike lewe nie – dit is slegs die begin! So, aanvaar God se genade en begin met ‘n skoon blad! Petrus sê in Handelinge 2:38: “Bekeer julle, en laat elkeen gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes. . .” Aanvaar die gawe van die leiding van die Heilige Gees “. . . en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” Aanvaar jou plek in die familie van God. Deur die doop word mens met Christus verenig. (Galasiërs 3:27).

    Ja, wanneer jy gedoop word, word jou sondes vergewe. Jou lewe is nou gereinig, maar jy ontvang ook die Heilige Gees en word deel van die internasionale gemeenskap van gelowiges!

    Show More Show Less
    41 mins
  • Jesus se Bruid Gereed
    May 15 2026

    In Openbaring praat God van ‘n draak wat oorlog voer teen die nakomelinge omdat hulle hulself met God verbind het. Ons weet God is die oorwinnaar in die stryd teen die draak.

    Die vraag is dan hoe herken ons die nakomelinge wat aan God verbind is? Openbaring vertel ons van die oorblyfsel volk wat die gebooie sal bewaar en die getuienis van Jesus hou. Wat beteken dit om die gebooie van God te bewaar? Die Tien Gebooie is deur God aan alle mense gegee en elke gebod het ‘n spesifieke doel en voordeel vir die mense wat dit gehoorsaam.

    Dieselfde mense wat hierdie gebooie bewaar sal die drie engele se boodskappe wat ons in Openbaring 14 vind, verkondig. Die drie engele se boodskappe is: 1. Die uur van God se oordeel het gekom. Aanbid Hom wat die hemel en aarde gemaak het. (Openbaring 14:7). God se eindtyd kerk sal ‘n beroep doen vir mense om Hom as Skepper te aanbid. 2. Babilon het geal (Openbaring 14:8). se eindtyd kerk identifiseer nie met Babilon nie. In Openbaring 18:4 sien ons dat die kerk die mense uit Babilon uit moet roep “. . . Kom uit haar uit, My volk, sodat julle nie deel het aan haar sondes nie . . .” 3. Pasop vir die dier en sy beeld en sy merkteken (Openbaring 14:9-11). God se eindtyd kerk sal ander aanraai om die merkteken van die dier te vermy. Jesus sê hierdie is Sy belangrike drie eindtyd boodskappe aan die wêreld.

    Sy volk sal Sy instruksies volg want hulle is lief vir Hom en sal die wêreld waarsku omdat hulle ook hulle naaste liefhet. Nou weet ons hoekom dit belangrik is om al God se gebooie te bewaar. Wat is volgende? Die oorblyfsel moet ook die getuienis van Jesus hou. In Openbaring 19:10 verduidelik die Bybel dat die getuienis van Jesus die Gees van profesie is. Dit beteken dat Openbaring se eindtyd kerk ook die gawe van profesie sal hê, en dat hulle deur die Heilige Gees gelei sal word. Hulle sal Bybel profesieë aan die wêreld verkondig. Watter beweging of groep mense voldoen aan die beskrywing? Is daar ‘n kerk wat dit vandag wel doen?

    Ja! Die Sewende Dag Adventiste is ‘n vinnig groeiende Christelike denominasie, wat uit meer as 20 miljoen mense wêreldwyd bestaan. Hulle is deel van plaaslike konferensies in meer as 215 lande. Die Adventiste beweging eer God met hulle leer van ‘n gesonde lewenswyse, hulle ondersteun godsdiens vryheid en die skeiding tussen kerk en staat en verkondig die evangelie aan elke volk, stam taal en nasie. Dit is ‘n beweging wat mense van alle rasse aanvaar, alle taalgroepe en alle kulture. Wil jy ook een van diegene wees wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus hou? Die groep is oop vir enigeen wat die Woord van God aanneem en glo. Hoor jy Hom roep om jou skrede met Hom voort te sit sodat jy meer en meer lig kan bekom? Vandag is die dag om “die lam te volg waar Hy ookal gaan” (Openbaringevelation 14:4).

    Show More Show Less
    54 mins
  • Jesus se Laaste Oproep
    May 8 2026

    Openbaring illustreer twee verskillende vroue om twee verskillende godsdienstige stelsels te beskryf – een wat Jesus volg en een wat van Jesus geskei is. In Openbaring 12, is daar ‘n treffende simbool van ‘n vrou in wit geklee.

    In profesie simboliseer ‘n rein vrou die bruid van Christus of die ware kerk (sien Jeremia 6:2 and Effesiërs 5). God vergelyk Sy kerk met ‘n pragtige, rein vrou wat getrou is aan haar liefde , Jesus. Sy is onbesmet met die korrupsie van valse lering.

    In Openbaring 17, vind ons ‘n ander vrou wat tevoorskyn kom. Hierdie vrou ry op ‘n skarlakenrooi dier en die Bybel noem haar ‘n hoer of sedelose vrou. Sy het haar ware liefde, Jesus verlaat. Die sedelose vrou is die afvallige godsdienstige stelsel. In hierdie uitsending vind ons uit dat Babilon ‘n gevalle kerk stelsel is wat sedeloosheid met die konings van die aarde bedryf het. Dit simboliseer dat sy in plaas daarvan om haar mag van God te kry, haar mag van die staat af bekom en dat sy verenig is met aardse outoriteite (sien Openbaring 17:1). Vers 3 van Openabring 17 identifiseer die sedelose vrou as godslasterlik. Sy eis dat sy die mag het om sondes te vergewe en dat sy in die plek van God staan (sien Johannes 10:33, Mattheus 9:2-3). Openbaring 17:4 identifiseer die sedelose vrou as geklee in purper in skarlaken, en versier met goud en edelgesteentes. Voorts het hierdie sedelose vrou ‘n goue beker in haar hand wat gevul is met die gruwels van haar sedeloosheid (Openbaring 17:4). Vers 5 van Openbaring 17 sê Babilon is ‘n moeder, wat beteken dat sy ook kinders moet hê.

    Protestantse donominasies het uit die katolisisme voorgekom, maar haar valse lering behou. Dit is die dogters van die Moeder Kerk. Sy woord as groot geidentifiseer wat duidelik dui op ‘n parallel tussen letterlike Babilon en geestelike Babilon. Soo letterlike Babilon verteenwoordig geestelike Babilon ‘n mensgemaakte godsdiens wat gevestig is deur die mense, gebaseer is op menslike leerstellings en gevestig is op menslike idees. Daar is ‘n vorm van mensgemaakte godsdiens, gebou duer menslike godsdienstige leiers wat in opposisie is met die krag van die evangelie en die kerk wat Jesus opgerig het. I

    DENTIFISERINGS TEKENS VAN GEESTELIKE BABILON GEBASEER OP LETTERLIKE BABILON

    • Babilon het ‘n aardse hoof wat namens God en in die plek van God spreek (sien 2 Thessalonicense 2:4 en Jesaja 37:16).

    • Babilon was regdeur die Ou Testament die middelpunt van afgode diens. Dit was die sentrum van valse leringe oor die dood en het die onverganklikheid van die siel geleer. Babilon was ook die sentrum van son aanbidding. Alle son aanbidding is variante van heidense afkoms (sien Esegiël 8:16). God haat hierdie valse aanbidding stelsels omdat hulle die leringe van duiwels is.

    God het Sy volk egter innig lief, selfs al is hulle tans mislei. Hy nooi ons dringend uit om Babilon en al haar misleidende leringe te verlaat!

    Show More Show Less
    1 hr and 4 mins
  • Jesus Waarborg Jou Veiligheid
    May 1 2026

    Wat is die misterieuse Merkteken van die Dier? Wie is die dier van Openbaring? Is dit simbolies? En wat beteken die 666 regtig?

    Die goeie nuus is dat Bybel profesie duidelike antwoorde bied op die belangrike vrae. Jy sal baie noukeurig wil oplet wanneer ons in die aanbieding kyk na die Merkteken van die Dier.

    In Openbaring 13, skryf Johannes dat daar twee groepe mense op aarde lewe wanneer Jesus weer kom. Daar is die getroue groep wat God aanbid en Sy seël ontvang. En dan is daar die wat die dier aanbid en ‘n merk op hulle regterhande en voorhoofde ontvang. Dis nogal tragies maar tensy jy weet wat die dier verteenwoordig, is jy baises op pad om dit te ontvang. Die Bybel onthul gelukkig wat die Merkteken van die Dier beteken terwyl die Bybel ook bekend maak wat die identiteit van die dier is.

    Die dier van Openbaring 13 word beskryf as ‘n wêreldwye godsdienstige en politieke mag wat vir 1260 jaar lank heerskappy sal voer. Tydens die tyd sal die dier voorgee om God te wees en dat dit die mag het om sondes te vergewe. Enigeen wat nie die dier wil aanbid nie sal vervolg word, selfs tot die dood toe. Watter godsdienstige en politieke mag in die geskiedenis pas in hierdie beskrywing in? Is dit die Rooms Katolieke Kerk, ‘n godsdienstige stelsel wat in 538 n.C ‘n wêreldmag geword het en dit self as hoof van alle kerke verklaar het?

    Tydens die tyd het die pousdom totale stede en bevolkingsgroepe uitgewis in ‘n poging om die wêreld onder sy godsdienstige stelsel te verenig. In 1798 is die Pous egter gevange geneem en het die Pouslike Romeinse stelsel verkrummel. Dit word in vers 3 as ‘n dodelike wond beskryf. Maar die Bybel sê die dodelike wond sal genees. Dit lyk asof die dier sterf, maar dit herwin weer sy mag. Het dit met die Pouslike Roomse stelsel gebeur? Vandag kyk die wêreld na die Pous as die enigste hoop op vrede en eenheid. Pous Francis het sy gretigheid om Protestante weer met die Katolieke Kerk te verenig baie duidelik uitgedruk. Vir die eerlike toeskouer is die dier besig om van sy dodelike wond te herstel. Nou dat ons weet wat die onmiskenbare identiteit van die dier is, kan ons vra – wat is sy merkteken?

    Die Katolieke Rekord van London maak dit duidelik deur dit uit te spel: “Sunday is our mark of authority . . . the church is above the Bible, and this transference of Sabbath Observance is proof of that fact.” Merkteken van die Dier is die afdwinging van die Pousdom se aanbiddings dag – Sondag. Die satan het die dier sy mag gegee en gebruik dit om teen God te werk en Sy seël – die sewendedag Sabbat te probeer uitwis. Dit gaan oor aanbidding.

    Kies ons God se dag of die dag wat die mens daargestel het? Kan dit dalk wees dat die aanbiddingsdag weereens afgedwing sal word deur ‘n ander wêreldse mag? Jy mag dalk verbaas wees met die konneksie/verband tussen die Verenigde State van Amerika en die tweede dier van Openbaring 13! God forseer ons egter nie om Hom te aanbid of te gehoorsaam nie.

    Hy het vir ons die waarskuwings in liefde gestuur sodat ons die Merkteken van die Dier kan vermy. Vandag kan ons die waarheid aanneem en ons by Jesus skaar!

    Show More Show Less
    1 hr and 9 mins
  • Jesus se Spesiale Tyd vir Jou
    Apr 24 2026

    Openbaring 20 vertel ons dat die regverdiges na die wederkoms vir 1000 jaar saam met Christus sal leef en regeer. Tydens die 1000 jaar – die millenium – sal die boeke geopen word. Die regverdiges sal na elke persoon se rekord kyk en weet dat die liefde en geregtigheid van God altyd die maatstaf was wat gebruik is om die onregverdiges se lot te bepaal. Ons sal selfs die rekord van die duiwel en sy enegle kan sien en help om hulle finale straf te bepaal (1 Korinthiërs 6:3).

    Tydens die tyd word die duiwel tot die aarde beperk (Openbaring 20:2, 3). Niemand anders sal in die tyd op die aarde lewend wees nie. Die duiwel sal niemand kan versoek nie, hy sal geen oorlog kan aanvuur nie, geen lyding oor iemand se pad bring nie. Hy sal gebind wees deur die omstandghede van ‘n woeste planeet en hy sal tyd hê om te dink en vir sy finale plan voor te berei.

    Aan die einde van die 1000 jaar sal God en die regverdiges saam met die Heilige Stad, die Nuwe Jerusalem, na die aarde terugkeer (Openbaring 21:2). God het beloof, “Kyk, Ek sal alles nuut maak” Openbaring 21:5). Die glorieryke derde koms is die begin van die skepping van ‘n nuwe aarde. Voor dit kan begin, moet een laaste hoofstuk in die sonde sage nog voltooi word. Ons aarde, wat vir 1000 jaar verweerd en stukkend gewag het, is die toneel van die finale hoofstuk in die konflik tussen God en die duiwel. Terwyl die Heilige Stad op die Olyfberg neerdaal, gee die krag van God lewe aan al die onregverdiges wat gekies het om Hom nie te aanbid nie (Sagaria 14:4). Openbaring 20 beskryf hulle as soveel soos die sand van die see (Openbaring 20:8).

    Die duiwel word nou losgelaat uit sy gevangenis van omstandighede en spring dadelik aan die werk om al hierdie mense te oortuig dat dit maklik sal wees om die Heilige Stad oor te neem en vir ewig van God, Sy reëls en Sy volk ontslae te wees (Openbaring 20:7). Die duiwel en sy engele saam met diegnee wat deur al die eeue heen gekant was teen God se regering, berei voor om die Heilige Stad oor te neem. Terwyl hulle na die stad opmarsjeer, reën vuur van God uit die hemel op hulle neer en verbrand hulle (Openbaring 20:9).

    Die Bybel verwys hierna as God se vreemde optrede (Jesaja 28:21). Dit is teen Sy aard om enige van Sy skepping te vernietig. Tog sal diegene wat herhaaldelik Sy liefde ontken het en Sy genadige uitnodiging verwerp het eindelik finale ewige skeiding van God ervaar. Die gevolg van hulle besluit is ewig. Die vuur wat hulle verteer is momenteel, maar die gevolge van die vuur is ewig. Hulle is vir ewig uitgewis. Diegene wat gekies het om die duiwel en sy engele te glo ontvang hulle beloning – die ewige dood. Openbaring 20:14 sê Dit is die tweede dood. Die hel se vure is die beslissing vir die laaste groot konflik. Die vuur verteer diegene wat teen God gekies het. Dit is ons keuse om te besluit of ons binne of buite die Heilige Stad wil wees.

    Dis ons keuse om die liefde van God te aanvaar en die ewigheid met Hom deur te bring of om teen Hom kant te kies en die loon van die sonde – die dood te ontvang. Sal jy vandag Sy gawe – lewe – kies?

    Show More Show Less
    58 mins
  • Jesus Ons Koning Kom
    Apr 17 2026

    Voel dit ook vir jou soms of die hele wêreld net buite beheer is? Het jy al ooit gedink dit moet die einde van die wêreld wees?

    Die goeie nuus is dat te midde van al die chaos jy seker kan wees dat God ‘n persoonlike reddingsplan vir jou het. Die plan is die wederkoms van Christus! Hoekom moet ons weet hoe die wederkoms van Jesus sal plaasvind?

    Nagenoeg 2000 jaar gelede is die mense van Jerusalem verdwaas totaal onvoorbereid want Jesus se eerste koms het nie aan hulle verwagtinge voldoen nie. Hy het nie as glorieryke oorwinnaar gekom nie – Hy het gekom as ‘n tedere klein babatjie, gebore in ‘n arm gesin. Anders as Jesus se eerste koms sal jy nie hoef te wag vir die nuus van Sy koms nie – dit sal onmoontlik wees om dit te mis! Tog, al sal Jesus se wederkoms sigbaar wees vir elke oog en hoorbaar vir elke oor, maak dit ‘n groot verskil om te weet HOE Hy weer sal kom. Die Bybel verklaar dat “… elke oog sal Hom sien ….” (Openbaring 1:7) met Sy wederkoms.

    Sy wederkoms sal nie ‘n geheimsinnige gebeurtenis in die woestyn of geheime wegraping wees nie. Hoewel sommige sê dat Jesus se wederkoms in die geheim sal wees, waarsku die Bybel ons eintlik vooraf oor die gedagte. In Lukas 17:23, vertel Jesus ons dat mense eendag valslik sal verklaar “. . .‘kyk hier!’ of ‘Kyk daar!’ . . .”, maar ons moet hulle nie volg nie. Die rede – enige persoon wat beweer dat Jesus se wederkoms vervul word deur net privaat met ‘n groep of persoon te ontmoet, slegs ‘n namaaksel is en dus vals is. Soos weerlig die lug vul en van alle hoeke af sigbaar is, so sal Sy koms sigbaar wees van alle rigtings af. (Lukas 17:24). Moenie verwag om te sien dat Jesus in die straat in Pretoria sal afstap of Tokio of Windhoek nie.

    Wanneer Jesus weer kom sal die regverdiges “. . . Hom tegemoet vaar in die lug.” (1 Thessalonicense 4:17)! Jesus herinner ons ook dat ons altyd voorbereid moet wees omdat niemand die presiese tyd van Sy wederkoms ken nie. (Matthew 24:36). Jesus se wederkoms sal die klimaks van die aarde se geskiedenis wees. Hy sal Sy volgelinge uit die kake van die dood, pyn en siekte kom red. Diegene wat volgelinge van Jesus was toe hulle gesterf het sal uit die graf uit opstaan en in ‘n oogwink verander word en met onsterlikheid beklee word. (1 Corinthiërs 15:51-52).

    Vandag is die dag om te kies om Hom te volg omdat “. . . vandag die dag van verlossing is.” (2 Corinthiërs 6:2). Jou ewige toekoms hang af van die besluite wat jy maak. In Johannes 14:2, 3 beloof Jesus “. . . Ek gaan om ‘n plek te berei vir julle. En as Ek gegaan het om plek te berei vir julle, sal Ek weer kom om julle te kom haal sodat julle ook kan wees waar Ek is.”

    Jesus het ‘n pragtige woonplek is die hemel vir ons gaan berei, so mooi soos jy nie eens aan kan dink nie. (1 Corinthians 2:9). Die beste is om gereed te wees vir wanneer Hy kom!

    Show More Show Less
    59 mins
  • Jesus die Bron van die Lewe
    Apr 10 2026

    Het jy al die verlies van ‘n geliefde ervaar? Het jy al ooit die vraag gevra – wat gebeur as ek doodgaan? Ons hoor dikwels stories van mense van doodservaringe gehad het; hulle sien skerp lig, visioene van die hemel en ondervind selfs buite liggaamlike ervaringe. Daar is so baie kontroversie betreffende die onderwerp. Mense – Christene en nie-Christene - glo verskeie moontlikhede. Sommige glo na jy gesterf het gaan jou siel hemel of hel toe. Ander glo in reinkarnasie of nog ander die dood eenvoudig die einde is.

    Die mees betroubare bron wat ons hieroor het is die Bybel en die Bybel verskaf duidelike antwoorde oor wat regtig na die dood gebeur. Baie van dit wat mense glo betreffende die dooies het sy oorsprong in die Griekse filosofie wat leer dat die siel onsterflik is en dat dit afsonderlik van die liggaam ‘n lewe van sy eie het. Dit beteken dat selfs na ons dood is, ons in staat is om te dink, voel, en met mense op aarde en in die hemel kan kommunikeer. In teenstelling beskou die Bybel die dood as skepping in trurat. Prediker 12:7: “Dan sal die stof terugkeer na die aarde waar dit vandaan kom en die gees na God wat dit gegee het.” God laat nie toe dat die siel bly leef na die liggaam gesterf het nie, Hy behou die identiteit van die gesorwene slegs in Sy gedagte. Die gees (asem/lewegewende krag) van die afgestorwene keer terug na God. Die Bybel verwys konstant na die dood as slaap en selfs Jesus erken dit in die verslag van Lasarus se dood wat in Johannes 11:11-25 aangetref word. God beloof daar sal geen pyn of lyding in die hemel wees nie. As ons die probleme wat ons geliefdes op aarde moet ervaar moet aanskou, sal dit tog pyn eerder as vreugde tot gevolg hê. God laat in Sy genade toe dat ons slaap eerder as dat ons hulpeloos moet toekyk hoe geliefdes hulle lewens op aarde voortsit.

    Satan gebruik hierdie valse idees oor die dood om ons te mislei. Gevalle engele verskyn aan ons as boodskappers en boots dooie vriende en familie na en gee voor hulle kommunikeer met diegene wat leiding van hulle af wil bekom. Baie mense vind berusting daarin dat hulle geliefdes die hemel geniet; en sonder om dit te besef, stel hulle hulself bloot om na bose geeste en duiwels te luister. Die Bybel voorspel dat bose engele waarskuwings sal rig en die toekoms voorspel – dit sal selfs betroubaar lyk – sodat hulle valse leerstellings geglo sal word. Hierdie engele beinvloed die volke van die wêreld en lei hulle binne die eindtyd gebeure in.

    Ons behoort ons inligting slegs van die Bybel te bekom. Sa tan kan net diegene mislei wat toegee tot sy versoekinge. Diegene wat op God se Woord vertrou en poog om die waarheid na te volg, sal gered word. Jesus is altyd beskikbaar vir jou, al wat jy moet doen is om te vra.

    Show More Show Less
    1 hr and 6 mins