Die Groot Herstel cover art

Die Groot Herstel

Die Groot Herstel

By: Neville Neveling
Listen for free

Die Internasionale Pandemie verander die hele wereld in rekord tyd. Die mensdom is verskrik en leef in vrees en bewing. Nou meer as ooit soek die mensdom na antwoorde. 'n Honderd en Sestig Miljoen hits op google as jy die woordtjie "Prophecy" insleutel. Is daar antwoorde in die Bybel? Wat hou die toekoms in? Saam met Lr Neville Neveling gaan ons op 'n reis na antwoorde in die Groot Herstel, die Toekoms Geopenbaar.© 2026 Christianity Spirituality
Episodes
  • Jesus Ons Koning Regeer
    May 29 2026

    Ons gaan maaltyd hou met die beste en wonderlikste mense van al die eeue. Dink daaroor!

    God se geloofshelde waarvan ons gelees het, almal daar. Jy werk dalk in jou tuin en iemand stap verby – kan dit wees …. Adam is dit jy? “Ja, dis ek. Jy het mooi mielies in jou tuin.” Wil jy graag daarvan hê Adam? Adam kom nader en julle gesels en deel die vreugdes wat Jesus moontlik gemaak het. En dan eendag ontmoet jy vir Moses. Julle begin praat en jy vra hom hoe dit was om deur die see te trek. Hoe was dit in die woestyn vir 40 jaar? ‘n Ander dag is dit Daniël wat jou kom sien. Hy het verneem jy wil graag weet hoe dit was toe hy in die leeukuil gewerp is. Hy vertel jou van sy vertroue in God.

    Die Hemel is ‘n plek van kameraadskap. Kameraadskap met die engele, die serafs en die gerubs! Dis ‘n plek waar jy saam met Petrus, Jakobus en Johannes en Paulus sal wees. Maar die beste is dat ons ook met Jesus kan kuier. Want eendag sal ek en jy vir Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet. Jesus wat vir jou en my gesterf het, wat bereid was om aan die kruis genael te word vir jou en my, wat die doringkroon vir jou en my gedra het en Sy bloed vir jou en my gestort het. Eendag sal ons die stad ingaan en Jesus sal daar wees om ons te verwelkom. Jesus sal sê: “Dis nou jou land, dis jou tuiste.”

    Jy sal nooit weer huil nie, nooit weer treurig wees nie, nooit weer hartseer wees nie. Eendag as jy by die tempel uitstap neem Jesus jou hand en sê, “Ek wil vandag saam met jou gaan stap.” Julle stap deur die wuivende koringlande en Jesus breek van die graan af – “Proe dit. Daar is geen ander soos dit nie. Dis spesiaal vir jou gemaak. Hou jy daarvan?” Julle loop oor die heuwels en Hy sê: “Kyk die blomme, is hulle nie pragtig nie? Daar is geen ander soos hulle nie. Kyk na die perse en rooi en blou en pienk. Ek het hierdie blomme net vir jou gemaak. Jy is kosbaar vir My. Ek sou die pyn en lyding en smaad en die donkerte van die kruis verduur het net vir jou.” En Hy plaas Sy hand op jou skouer en sê: “Weet jy wat? Ek het niemand soos jy nie! Nie een van die engele lyk soos jy nie, nie een van die miljoene verlostes is soos jy nie. Jy is kosbaar want as Ek jou verloor het was daar niemand om jou te vervang nie.”

    Wil jy graag sê Jesus ek verlang om die ewigheid met U deur te bring. Vandag kan jy weer jouself toewy om te volg waar Hy ookal lei. As jy dit wil doen – ons is familie, ons is deel van God se gesin. Eendag sal ons in die hemel ontmoet. Kom ons maak ‘n afspraak. Wat van die tweede Sabbat, twee ure na die erediens – ek glo Jesus sal preek – dan ontmoet ek jou daar by die boom van die lewe. Ek sal aan die linkerkant wees. Sal dit nie wonderlik wees nie? Hoeveel van julle sal my daar ontmoet?

    Show More Show Less
    55 mins
  • Jesus Nooi Jou om Hom te Volg
    May 22 2026

    Wou jy ooit oor begin in die lewe? Die Bybel vertel ons hoe ‘n nuwe begin gemaak kan word.

    In hierdie studie kyk ons na die nuwe lewe – ‘n vars nuwe begin wat beskikbaar is deur Jesus. Jesus se Doop Jesus het van Galilea af na die Jordaan rivier gegaan om deur Johannes gedoop te word. Maar Johannes het gehuiwer, wetend dat hy onwaardig is. Jesus antwoord hom: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.” (Mattheus 3:13-15). Jesus is in die water onderdompel. En toe Hy uit die water uitkom het Sy bediening begin. Die doop is ‘n belangrike deel van die Christen se lewe. Jesus is nie net vir ons as voorbeeld gedoop nie, maar Hy het Sy mense ook sterk aangespreek om gedoop te word. Die doop is die simbool van ons gewilligheid om die evangelie van Jesus te aanvaar.

    Besprinkeling of Begieting is nie genoegsaam nie. Die Bybel verklaar dat daar net een ware manier van doop is. Dis duidelik in Effesiërs 4:5, “Een Here, een geloof, een doop.” Indien wel, dan is daar net een Bybelse manier hoe daar gedoop moet word. Ons kan nie verkeerd wees as ons die voorbeeld van Jesus volg nie. Toe Jesus gedoop is, het Hy in die water in afgeklim, Hy is onderdompel en het uit die water uit opgekom. Jesus is ten volle onderdompel! (Mattheus 3: 16-17) Die persoon moet geheel en al onderdompel word omdat die persoon in geheel gesondig het. Trouens die Griekse woord “baptizo” of “doop” beteken om “te doop,” “te onderdompel.” Romeine 6:3-4 sê, “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.”

    Hoe kan besprinkeling of begieting die boodskap oordra?

    Aanvaar God se Genade en Vergifnis Die doop is nie die einde van die Christelike lewe nie – dit is slegs die begin! So, aanvaar God se genade en begin met ‘n skoon blad! Petrus sê in Handelinge 2:38: “Bekeer julle, en laat elkeen gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes. . .” Aanvaar die gawe van die leiding van die Heilige Gees “. . . en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” Aanvaar jou plek in die familie van God. Deur die doop word mens met Christus verenig. (Galasiërs 3:27).

    Ja, wanneer jy gedoop word, word jou sondes vergewe. Jou lewe is nou gereinig, maar jy ontvang ook die Heilige Gees en word deel van die internasionale gemeenskap van gelowiges!

    Show More Show Less
    41 mins
  • Jesus se Bruid Gereed
    May 15 2026

    In Openbaring praat God van ‘n draak wat oorlog voer teen die nakomelinge omdat hulle hulself met God verbind het. Ons weet God is die oorwinnaar in die stryd teen die draak.

    Die vraag is dan hoe herken ons die nakomelinge wat aan God verbind is? Openbaring vertel ons van die oorblyfsel volk wat die gebooie sal bewaar en die getuienis van Jesus hou. Wat beteken dit om die gebooie van God te bewaar? Die Tien Gebooie is deur God aan alle mense gegee en elke gebod het ‘n spesifieke doel en voordeel vir die mense wat dit gehoorsaam.

    Dieselfde mense wat hierdie gebooie bewaar sal die drie engele se boodskappe wat ons in Openbaring 14 vind, verkondig. Die drie engele se boodskappe is: 1. Die uur van God se oordeel het gekom. Aanbid Hom wat die hemel en aarde gemaak het. (Openbaring 14:7). God se eindtyd kerk sal ‘n beroep doen vir mense om Hom as Skepper te aanbid. 2. Babilon het geal (Openbaring 14:8). se eindtyd kerk identifiseer nie met Babilon nie. In Openbaring 18:4 sien ons dat die kerk die mense uit Babilon uit moet roep “. . . Kom uit haar uit, My volk, sodat julle nie deel het aan haar sondes nie . . .” 3. Pasop vir die dier en sy beeld en sy merkteken (Openbaring 14:9-11). God se eindtyd kerk sal ander aanraai om die merkteken van die dier te vermy. Jesus sê hierdie is Sy belangrike drie eindtyd boodskappe aan die wêreld.

    Sy volk sal Sy instruksies volg want hulle is lief vir Hom en sal die wêreld waarsku omdat hulle ook hulle naaste liefhet. Nou weet ons hoekom dit belangrik is om al God se gebooie te bewaar. Wat is volgende? Die oorblyfsel moet ook die getuienis van Jesus hou. In Openbaring 19:10 verduidelik die Bybel dat die getuienis van Jesus die Gees van profesie is. Dit beteken dat Openbaring se eindtyd kerk ook die gawe van profesie sal hê, en dat hulle deur die Heilige Gees gelei sal word. Hulle sal Bybel profesieë aan die wêreld verkondig. Watter beweging of groep mense voldoen aan die beskrywing? Is daar ‘n kerk wat dit vandag wel doen?

    Ja! Die Sewende Dag Adventiste is ‘n vinnig groeiende Christelike denominasie, wat uit meer as 20 miljoen mense wêreldwyd bestaan. Hulle is deel van plaaslike konferensies in meer as 215 lande. Die Adventiste beweging eer God met hulle leer van ‘n gesonde lewenswyse, hulle ondersteun godsdiens vryheid en die skeiding tussen kerk en staat en verkondig die evangelie aan elke volk, stam taal en nasie. Dit is ‘n beweging wat mense van alle rasse aanvaar, alle taalgroepe en alle kulture. Wil jy ook een van diegene wees wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus hou? Die groep is oop vir enigeen wat die Woord van God aanneem en glo. Hoor jy Hom roep om jou skrede met Hom voort te sit sodat jy meer en meer lig kan bekom? Vandag is die dag om “die lam te volg waar Hy ookal gaan” (Openbaringevelation 14:4).

    Show More Show Less
    54 mins
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
No reviews yet